GRONDSLAGFASE (Graad R–3)
Waar die liefde vir leer begin.
In die Grondslagfase bou ons aan die kernvaardighede wat elke Wouwtjie vir die res van hul skoolloopbaan dra: lees, skryf, wiskunde, selfvertroue en nuuskierigheid – alles in ’n omgewing waar kinders veilig, geliefd en doelgerig ontwikkel.
1. GRONDSLAGFASE-BESTUUR
Ons fase word gelei deur ’n toegewyde span met jare se ondervinding in vroeë kindontwikkeling:
- Me. Nell-Mari Pretorius – Departementshoof
- Me. Anita Coetzee – Departementshoof
2. HOEKSTENE VAN DIE GRONDSLAGFASE
- Klein klasse vir individuele aandag.
- Kreatiewe, visuele onderrig met tegnologie in elke klas.
- Lees, skryf en wiskunde wat “speel-speel” gevestig word.
- ’n Warm, veilige leeromgewing waar kinders geborge voel.
- ‘n Omgewing waar die leerder se individualiteit erken en gekoester word.
3. AKADEMIESE ONDERSTEUNING
Ons help elke leerder om teen hul eie tempo te groei deur:
- Doelgerigte leerondersteuning te bied in taal en wiskunde.
- Klein-groep hersiening ná skool of voor skool (gratis).
- Vroeë identifisering van leerhindernisse.
- Noukeurige monitering van individuele vordering.
- Gereelde terugvoer om elke ouer ingelig te hou.
Geen Wouwtjie word ooit agtergelaat nie.
4. TEGNOLOGIE-INTEGRASIE
Digitale projeksie van leerinhoud in elke klas.
- Digitale projeksie van leerinhoude.
- Visuele hulpmiddels wat begrip en betrokkenheid verhoog.
‘n Toegeruste robotika sentrum om leerders voor te berei vir die toekoms.
5. LEER IS ’N AVONTUUR
Tegnologie word strategies gebruik om leer visueel, duidelik en interaktief te maak:
- Opvoedkundige uitstappies en instappies.
- Kuns, musiek, drama & beweging.
- Speletjies vir fyn- en grootmotoriese ontwikkeling.
- Pret én struktuur om die liefde vir leer lewendig te hou.
- ‘n Balans tussen leer en speel – want kindwees is prioriteit.
Kindwees is ’n fees, en leer is deel van die avontuur!