kultuur by wouwtjies
Waar kreatiwiteit, karakter en selfvertroue sáám groei!
- Selfvertroue
- Kommunikasievaardighede
- Kreatiwiteit en verbeelding
- Spanwerk en deursettingsvermoë
KULTUURBESTUUR
Kultuurkoördineerder:
Kultuurhoof:
Juniorkoor:
Kinderkoor:
Redenaars & debat:
Kunstefees, revue & drama:
Voortrekkers:
Dirkie Uys Voortrekkers
ONS KULTUUR-AKTIWITEITE
By Laerskool Anton van Wouw glo ons dat kultuur nét so belangrik is soos akademie en sport. Op ons verhoog, in ons musieklokale en agter mikrofone, leer Wouwtjies om hul stem te vind, hul talente te ontdek en met selfvertroue voor ander te staan.
Pre-primêr koor
Pre-primêr koor
By die Pre-primêr koor stel ons klein Wouwtjies bekend aan die lékkerte van koorsang. Ons Pre-primêr koor neem jaarliks deel aan kompetisies en behaal uitstekende toekennings.
Junior koor
Junior koor
Ons Juniorkoor gee jonger Wouwtjies die kans om deel te wees van ’n sangfamilie. Hulle leer stemgebruik, luister na mekaar en leer die basiese beginsels van koorsang – alles in ’n speelse, veilige omgewing.
Verantwoordelik:
- Koor-dirigent: Me. Nanri Botes
- Begeleidster: Me. Betsie Schaap
- Administratief: Me. Elmien Logan en Me. Marlize Joubert
Senior koor
Senior Koor
Die Kinderkoor is Laerskool Anton van Wouw se seniorkoor en ’n groot bron van trots vir ons skool. Hier ontwikkel leerders gevorderde koorsangtegnieke, harmonie en verhoogteenwoordigheid, met gereelde optredes en deelname aan feeste en kompetisies.
Verantwoordelik:
- Koormeester: Mnr. Vaughan van Zyl
- Begeleidster: Me. Betsie Schaap
- Administratief: Me. Adèle Naude en Me. Sarika Basson
Kunstefees
kunstefees
Tydens ons Kunstefees verruil Wouwtjies skooldrag vir kostuums, grimering, dans, sang en drama. Dit is die ideale platform vir individuele- én groeptalent – en ’n hoogtepunt op ons kultuurkalender.
Verantwoordelik:
- Kunstefees-koördineerder: Me. Roché van Blerk
Musieksentrum
Musieksentrum
Die Musieksentrum bied individuele- en groepsmusiekonderrig in verskeie instrumente aan. Leerders ontdek nuwe instrumente, bemeester die vaardigheid om bladmusiek te lees en leer die fyn kuns aan om ‘n gehoor, op ‘n verhoog te vermaak.
Verantwoordelik:
- Hoof van Musieksentrum:
Me. Mariana du Toit – 082 570 5411
Orkes
orkes
Senior-orkes | Junior-orkes | Kwartet
In die Wouwtjie-orkeste leer Wouwtjies om saam as ’n span musiek te maak. Hulle ondersteun skoolgeleenthede, konserte en seremonies en kry waardevolle ervaring in ensemble-spel.
Verantwoordelik:
- Orkesdirigent: Me. Marleen Boshoff
- Administratief: Me. Ané Friedrich
Redenaars
Redenaars
Verantwoordelik:
- Redenaarskoördineerder: Me. Liza-Mari Snyman
Speech Festival
Speech Festival
Verantwoordelik:
Speech Festival-koördineers:- Juniors: Me. Sunell J. van Rensburg
- Seniors: Me. Adèle Naudé
Tjokkertoneel
Tjokkertoneel
- Tjokkertoneel-afrigter: Me. Roché van Blerk
Revue
Revue
Ons skoolrevue is ’n groot hoogtepunt op die kultuurkalender en vind gewoonlik elke vier jaar plaas. In 2025 was daar ’n spesiale revue as deel van die skool se 100-jaar feesvieringe, en die volgende een word weer vir 2029 beplan.
Élke leerder (gr.R -7) neem aan dié produksie deel.
Toastmasters
Toastmasters
Verantwoordelik:
- Toastmasters-organiseerder: Me. Lyn Bowker
Voortrekkers
Voortrekkers
Die Voortrekkers fokus op karaktervorming, leierskap, spanwerk, geloof en liefde vir die natuur. Wouwtjies leer praktiese vaardighede, tradisies en waardes – binne ’n sterk gemeenskaps- en kampkultuur.
Verantwoordelik:
- Voortrekker kontakpersoon: Mnr. Pieter van der Zwaard
Debat
Debat
Verantwoordelik:
- Debat-organiseerder: Me. Liza-Mari Snyman
KULTUURPRESTASIES
Ons leerders presteer jaarliks uitstekend op die verhoog, van kore, redenaars, debat, musiek en ander kultuurkompetisies. Van Eisteddfods, tot op nasionale en internasionale platforms – Die Wouwtjies se talent en harde werk word gereeld beloon.