AKADEMIESE OORSIG
Sterk akademie + waardes + tegnologie = selfversekerde, suksesvolle kinders.
By Laerskool Anton van Wouw glo ons dat ’n wêreldklas akademiese grondslag die
sleutel is tot ’n sterk toekoms. Ons is trots daarop dat bykans die helfte van alle leerders in Graad 4 -7 jaarliks ’n gemiddelde van meer as 80% behaal.
Dit weerspieël die gehalte van ons onderrig, ons onderwysers
se toewyding en ons leerders se harde werk.
ons akademiese benadering rus op vyf pilare
Stimulerende, uitdagende
leerprogramme wat
denkvermoë en
kreatiwiteit ontwikkel
AKADEMIESE LEIDING
Die akademiese programme word gelei deur ’n toegewyde span wat fokus op uitnemendheid in elke fase.
Ons Akademiese span
Adjunkhoof: Mnr. Carel van Rooyen
Departementshoof Grondslagfase: Me. Nell-Mari Pretorius
Departementshoof Grondslagfase: Me. Anita Coetzee
Departementshoof Intersenfase: Mnr. Thomas Basson
TEGNOLOGIE
Tegnologie ondersteun en verryk die leerproses by Laerskool Anton van Wouw.
Ons bied:
- Digitale projeksie in alle lokale
- Kodering en robotika vir Gr. R–7
AKADEMIESE ONDERSTEUNING
Ons bied:
- Gerigte ondersteuning en remediërende lesse in taal en wiskunde (waar nodig).
- Klein-groep hersiening vir lees, skryf en wiskunde.
- Vinnige intervensie wanneer leeruitdagings opgemerk word.
- Samewerking met eksterne spesialiste wanneer verdere ondersteuning benodig word.
AKADEMIESE PRESTASIES
Laerskool Anton van Wouw presteer jaarliks in akademiese kompetisies soos die Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo, Wiskunde-olimpiades, taalkompetisies en meer.