INTERSENFASE (Graad 4 - 7)
’n Fase waar denkkrag, selfvertroue en akademiese uitnemendheid vorm kry.
Die Intersenfase is ’n belangrike ontwikkelingsperiode – hier begin Wouwtjies hul stemme vind, hul vaardighede slyp en hul unieke vermoëns ontdek. Ons kombineer sterk akademiese riglyne, moderne tegnologie, individuele ondersteuning en interessante leerervarings om elke Wouwtjie se potensiaal ten volle te ontgin.
INTERSENFASE (Graad 4 - 7)
- Mnr. Thomas Basson – Departementshoof
2. Individuele aandag & hersiening
Ons glo dat wanneer kinders raakgesien en ondersteun word, hulle buitengewoon presteer. Daarom bied ons:
- Gratis weeklikse hersiening in Afrikaans, Engels en Wiskunde.
- Klein-groep ondersteuning vir vasgestelde fokusareas.
- Ruimte vir elke leerder – sterk, gemiddeld of met ondersteuningsbehoeftes - om te groei op hul eie vlak.
3. Tegnologie wat leer bevorder
- Digitale projektors in elke klaskamer met die klem op interaktiewe leer.
- Robotika vir graad 4-7.
- Robotika as deel van Tegnologie in die klaskamer met die volg van ʼn fyngesette kurrikulum.
4. Lees- & taalontwikkeling
- Leesprogramme word gevolg en woordeskatuitbreiding in alle vakke is vir die Wouwtjie-personeel van kardinale belang.
- Aktiwiteite wat begrip en woordeskat versterk.
- Pretprojekte wat kreatiwiteit en kommunikasie bevorder.
5. Voorbereiding vir hoërskool
Ons leerders beweeg selfversekerd na enige Afrikaanse of Engelse hoërskool.
Dit getuig van ʼn sterk fondasie wat in die laerskool gelê word, onder andere:
- Engels word op huistaalvlak sterk gevestig.
- Wiskunde-, redenasie- en skryfvaardighede word ingeoefen.
- Kinders leer organisasie, tydsbestuur en kritiese denke.
6. Wetenskap & navorsing
Ons neem jaarliks deel aan die Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo waar ons sterk vaar in:
- Navorsing
- Eksperimente
- Aanbieding
- Probleemoplossing