ONS SKOOL, ONS HARTKLOP
By Laerskool Anton van Wouw glo ons dat gehalte opvoeding, Christelike waardes
en ’n sterk gemeenskapsgees die fondament lê vir elke Wouwtjie se groei.
Vir byna ’n eeu bou ons aan tradisie, karakter, uitnemendheid –
en kinders wat met selfvertroue hul plek in die wêreld inneem.
ONS IDENTITEIT
Ons leuse
“Waak en Werk.”
Ons skoolleuse vorm deel van die geskiedkundige betekenis van ons skoolwapen. Dit herinner ons daagliks dat ware groei gebou word op waaksaamheid, toewyding en harde werk.
Hierdie leuse dra al vir dekades die karakter van ons skool uit en dien as rigtingwyser vir elke Wouwtjie.
ONS SLAGSPREUK
“Sáám maak ons tyd vir u kind.”
Hierdie slagspreuk is die hart van wie ons is. Dit weerspieël ons oortuiging dat opvoeding nie net gaan oor onderrig nie, maar oor tyd, teenwoordigheid, verhouding en doelbewuste begeleiding. Sáám – as ouers en skool – vorm ons ‘n sterk vennootskap vir ons kinders! Hier word élke Wouwtjie raakgesien, waardeer en ondersteun.
ONS SKOOLKREET
Die Wouwtjie-kreet bring energie, trots en samehorigheid na elke byeenkoms. Dit herinner elke leerder daaraan dat hulle deel is van ’n dinamiese, liefdevolle en lewendige gemeenskap.
ONS SKOOLLIED
Die skoollied is in 1959 deur Coenie en Anna Rudolph geskep ter viering van ons identiteit en geskiedenis. Dit besing: ons trots, ons waardes, ons roeping en die unieke kultuur wat deur generasies heen oorgedra is.
Ons wapen
Die Kleure
- Wynrooi: krag, lojaliteit en standvastigheid
- Geel: wysheid, insig en helderheid
- Ligblou: geloof, visie en ’n duidelike toekomspad
Die Opkomende Son
’n Simbool van ‘n nuwe begin, hoop, lig en voortdurende groei.
Die Beeld
‘n Jong burger gebaseer op een van Anton van Wouw se bronsfigure wat sit en peins – wakker, waaksaam en gereed om op te staan wanneer dit nodig is. Dit simboliseer oplettendheid, waaksaamheid, karakter en gereedheid om te dien.
DIE LEUSE
“Waak en Werk:” ’n Roeping tot ywer, verantwoordelikheid en harde werk.
ons wouwtjie-mascot: willem wouw
Willem Wouw is Laerskool Anton van Wouw se trotse skoolmascot – ’n Geelbekwou wat ons Wouwtjies herinner om altyd hoog te vlieg,
dapper te wees en mekaar te ondersteun.
- Naam: Willem Wouw
- Beroep: Wouwtjie vlieënier van inspirasie
- Geboorteplek: Laerskool Anton van Wouw – Rooiland
- Geboortedatum: 3 Augustus 2009
- Spesie: Geelbekwou, ook bekend as Milvus Aegypticus
- Ouers: Willa en Wouter Wouw
- Opleiding: Skool van die lewe…
- Gewig: Veerlig
- Hoogte: Reik na die sterre
- Kleur van oë: Bruin (met ‘n vonkel daarin!)
- Motto: Vlieg hoog!
- Gunsteling…
- Persoon: Waak-en-Werk Wouwtjie
- Kos: Pitkos! En KFC!
- Liedjie: Sweef soos ‘n arend…
- Kleur: Ligblou
- Dier: Homo sapiens
- Sport: Vryval
- Boek: Spud learn to fly!
- Band: The Eagles
- Seep: Dove
- Flieks: Gone With The Wind, Chicken Run,
- Wouwtjie Op Die Stoep en Mighty Wouw Young!
ons roeping
ONS VISIE is om elke Wouwtjie te help ontwikkel tot ’n verantwoordelike, selfstandige, gelukkige en trotse
individu wat sy of haar Godgegewe potensiaal ontdek
en uitleef – in ’n omgewing gewortel in geloof, waardes
en gemeenskap sodat hulle betekenisvolle bydraes kan
maak in Suid-Afrika en in die wêreld.
Ons missie word uitgeleef deur:
- Kinders met liefde, kundigheid en integriteit te onderrig.
- ’n Omgewing te skep waar geloof, karakter en waardes elke dag sigbaar is.
- Sáám met ouers ’n sterk vennootskap te bou wat elke Wouwtjie ondersteun.
- Veilige, moderne fasiliteite te bied wat leer, deelname en groei moontlik maak.
- Elke kind toe te rus met die selfvertroue, vaardighede en deursettingsvermoë om hul plek in Suid-Afrika en die wêreld met trots in te neem.
wouwtjie-waardes
Wouwtjie-Waardes: Hoe ons leef, nie net wat ons leer nie.
By Laerskool Anton van Wouw glo ons dat karakter nie net
onderrig word nie – dit word geleef. Ons kinders leer van kleins af hoe om met respek, omgee, integriteit en verantwoordelikheid deur die wêreld te beweeg. Elke dag, oral op ons terrein, word hierdie waardes sigbaar in hoe Wouwtjies groet, hoe hulle mekaar help, hoe hulle vir hul skool omgee, en hoe hulle hul beste probeer gee.
Ons noem dit die Wouwtjie-manier.
ons 6 wouwtjie-waardepilare
Respek & Maniere
Ons behandel mekaar met eer,
vriendelikheid en goeie maniere.
- Wouwtjies respekteer mekaar.
- Wouwtjies is vriendelik.
- Wouwtjies het goeie maniere.
Omgee & Saamstaan
Ons help, ondersteun en dra mekaar met nederigheid en empatie.
- Wouwtjies help graag.
- Wouwtjies gee om.
- Wouwtjies is nederig.
- Wouwtjies is lojaal.
Netheid & Verantwoordelikheid vir Ons Omgewing
- Wouwtjies ruim op.
- Wouwtjies is netjies.
- Wouwtjies bewaar die natuur.
Integriteit & Karakter
Ons leef eerlik, betroubaar en
met goeie selfdissipline.
- Wouwtjies is eerlik.
- Wouwtjies is betroubaar.
- Wouwtjies boelie nie.
- Wouwtjies is gedissiplineerd.
- Wouwtjies is verantwoordelik.
Werksetiek & Uitnemendheid
- Wouwtjies is wenners.
- Wouwtjies is fluks.
ons geskiedenis
Van 1925 tot vandag – ’n storie van groei, geloof en gemeenskap.
Laerskool Anton van Wouw het in 1925 sy deure geopen as ’n klein plaasskooltjie in die toe ylbevolkte Nieu-Muckleneuk. Met net 61 leerders, geen meubels nie, en ’n hoof wat self die eerste bome geplant het, het die verhaal van ’n skool begin wat ’n eeu later steeds groei, floreer en inspireer. Vandag staan ons op die stewige fondament van 100 jaar-oue tradisies, waardes, toewyding en gemeenskapsbou – ’n erfenis waarop elke Wouwtjie trots kan wees.
1925 - Die Begin
- Skool open met 61 leerders; slegs een tafel en stoel.
- Die eerste bome word geplant en die kultuur van hardwerk, nederigheid en gemeenskap word gevestig.
1930’s – Groei in moeilike tye
- Leerlingtal styg stadig; ondervoeding is algemeen, maar die skool bied daagliks hulp.
- Eerste buitelugklaskamer deur leerders self befonds.
1940’s – ’n Nuwe identiteit vorm
- Nuwe sportterrein, nuwe klaskamers en klubaktiwiteite.
- Die eerste skoolwapen en skoolkleure (wynrooi, geel en ligblou) word bekendgestel.
- Lentefeeste begin – ’n tradisie wat die gemeenskap saambring.
1950’s – Die Van Wouw-era
- Skool neem die naam Anton van Wouw aan.
- Nuwe skoollied word ingestel.
- Groot uitbreiding van sportfasiliteite, biblioteek en erwe.
- Die ikoniese skoolwapen (met die peinsende jong man) word aanvaar.
1960’s – Rekordgroei
- Leerlingtal bereik 890.
- Nuwe sportvelde, nuwe klasse, musiek, interhuis en kultuur begin blom.
1970’s – Stabilisering
- Leerlingtal daal effens weens nuwe
omliggende skole. - Kulturele hoogtepunte: operettes,
volkspele, musiek, koor.
1980’s – Modernisering
- Eerste amptelike nuusblad (“Wat Wouw”).
- Groot Kersmark word gevestig.
- Nuwe paviljoen en veiligheidsheining.
1990’s – Tegnologie en prestasie
- Eerste rekenaarsentrum.
- Eerste Wouwtjie Kultuuraand.
- Amfiteater ingewy.
- Eerste internasionale wetenskaps-toekennings en NASA-vennootskappe.
- Skool word Model C.
- Lewer talle sport- en kultuurkampioene.
2000–2009 – ’n Nuwe eeu begin
- Kleuterskool open.
- Revue’s, kunstefeeste en groot sportprestasies.
- Eerste Wouwtjie-mascot, Willem Wouw.
- Reeks nuwe geboue, interaktiewe tegnologie en grootskaalse uitbreiding.
2010–2015 – Uitnemendheid versterk
- 85ste en 90ste bestaansjare word groot gevier.
- Wouwtjies wen Sing in Harmonie, atletiek, swem, rugby en akademiese toekennings.
- Nuwe netbalbane, paviljoene, turf-kolfblad en tegnologie.
2016–2025 – Op pad na 100 jaar
- Bou ’n veeldoelige astro-tipe baan vir tennis, hokkie en netbal.
- Orkes word op die been gebring.
- Die Chris Henning Amfiteater word ingewy.
- Solarprojek voorsien die skool van elektrisiteit.
- Swembad word verleng (25 m) en verhit.
- Die skool word 100 jaar oud en Eeufeesvieringe vind plaas.
WAAROM OUERS ONS KIES
Kyk self hoekom gesinne vir byna ’n eeu hul kinders aan Laerskool Anton van Wouw toevertrou Ons skool se storie word die mooiste vertel deur die mense wat dit elke dag leef – ons kinders, onderwysers en gemeenskap. Hierdie video gee ’n blik op die gees, waardes, tradisie en geleenthede wat ’n Wouwtjie se wêreld vorm.
LEIERSKAP & BESTUUR
‘n Span wat met geloof, ervaring en toewyding lei.
By Laerskool Anton van Wouw glo ons aan spanleierskap: ’n benadering waar besluitneming saam gedra word, waar verantwoordbaarheid duidelik is en waar elke leier ’n hart vir kinders en vir die skool se roeping het.
Ons bestuur funksioneer nie as individue nie, maar as ’n eenheid wat saam werk om stabiliteit, groei en gehalte-onderrig te verseker.
Bestuurspan
Adjunkhoof:
Mnr. Carel van Rooyen
Departementshoof: Grondslagfase
Me. Nell-Mari Pretorius
Departementshoof: Grondslagfase
Me. Anita Coetzee
Departementshoof: Intersenfase
Mnr. Thomas Basson
Departementshoof: Terrein
Mnr. Leon Wilden
Departementshoof: Intersenfase en Kommunikasie
Me. Daleen de Villiers
Bestuurshoof: Sport
Mnr. Johan Ross
Pre-primêr
Bestuurshoof: Pre-primêr
Me. Lizel Badenhorst
“Ons Pre-primêr lê die grondslag vir ’n lewe van leer, kleuterwelstand en vroeë karaktervorming. Die span bestaan uit ervare, liefdevolle onderwysers wat
kinders se ontwikkeling met sorg en kundigheid begelei.”
Naskool
Bestuurshoof: Naskool
Me. Hester van Sittert
“Die naskoolspan skep ’n veilige,
gestruktureerde en rustige omgewing waar
kinders kan ontspan, leer voltooi en speel.”
Beheerliggaam (BL)
ONS FASILITEITE
Ruimtes geskep vir groei, ontwikkeling en uitnemendheid.
By Laerskool Anton van Wouw is elke fasiliteit ontwerp om kinders te laat floreer – in die klaskamer, op die veld, op die verhoog en in hulle sosiale- en emosionele ontwikkeling. Ons infrastruktuur weerspieël ons prioriteite: veiligheid, omgee, kwaliteit en ’n omgewing waar elke kind kan floreer.
Akademiese & Leerfasiliteite
- Klein klasgroottes (maks. 27 leerders)
- Data-projektors in elke klaskamer
- Junior- en senior rekenaarsentrums
- Biblioteek
- Moderne onderrigtegnologie
- Ondersteunings- en remediëringsruimtes waar nodig
Pre-primêr & Vroeë kinder-Ontwikkeling
- Pre-primêr: Gr. RRRR tot Gr. R
- Stimulerende speelruimtes
- Interaktiewe leer areas
- Pre-primêr naskool (afsonderlik)
- Groot buitespeelareas onder groot bome met veilige toesig
Sportfasiliteite
- Verhitte 25m swembad
- Tennis-, netbal- en hokkiebane (Astro-tipe)
- Atletiek- en oefenterreine
- Turf-kolfblaaie
- Toerusting en afrigtingsruimtes vir verskeie sportsoorte
Kultuur- en Gemeenskapsruimtes
- Amfi-teater (semi-buitelug, kapasiteit ±750), klank & beligting
- Musieksentrum (individuele musiekonderrig)
- Voortrekkersentrum
Naskool & Ondersteuningsdienste
- Laerskool Naskool
- Pre-primêr Naskool
- Rekreasiesentrum
- Skoolsnoepie
- Skoolklerewinkel
- Skoolbussies
- Veilige aflaaipunte
- Ondersteuningspan / terapeute