Sport by WOUWTJIES
Waar spanwerk en deursettingsvermoë sáám groei!
By die Wouwtjies is sport deel van ons kultuur – dit bou trots, spanwerk, dissipline en deursettingsvermoë. Ons leerders neem jaarliks deel op plaaslike-, distriks- en provinsiale vlak, en lewer indrukwekkende individuele- én spanprestasies.
Hier ontwikkel ons:
- Konsentrasie
- Besluitneming
- Spanwerk en deursettingsvermoë
- Hand-oog-koördinasie
sportbestuur
sporthoof
Mnr. Johan Ross
Administrasie & Koördinering:
Mnr. Johan Ross
Atletiek organiseerder:
Mnr. Johan Ross
Rugby organiseerder:
Rohan J.v. Rensburg
Netbal organiseerder:
Mariska Marais
HOKKIE ORGANISEERDER:
Monique du Preez
Dominique Allden
KRIEKET ORGANISEERDER:
Joubert Eybers
JP Pieterse
LANDLOOP ORGANISEERDER:
Cornelia Werhman
SWEM ORGANISEERDER:
Daleen de Villiers
TENNIS ORGANISEERDER:
Daleen de Villiers
SKAAK ORGANISEERDER:
Ané Friedrich
RUITERSPORT ORGANISEERDER:
JP Pieterse
FIETSRY ORGANISEERDER:
JP Pieterse
GHOLF ORGANISEERDER:
Duan Roux
MINI-SPORT (0.6 - 0.9):
Mini-Krieket: JP Pieterse
Mini-Netbal: Elske Winter
Bulletjierugby: John Ross
Mini-Hokkie: Anita Coetzee
ONS SPORTSOORTE
By Laerskool Anton van Wouw glo ons dat sport nét so belangrik is soos akademie en kultuur. Op die veld en netbalbane leer Wouwtjies om saam te werk, uitdagings aan te pak en met deursettingsvermoë hul beste te gee. Deur sport ontwikkel hulle nie net fisiese vaardighede nie, maar bou hulle ook selfvertroue, dissipline en ’n gesonde spangees wat hulle toerus vir die toekoms.
Rugby
Rugby
- Neem deel in die A1 liga. Van o.7 af vind ontwikkeling plaas saam met die skool se rugbyakademie.
- Gereëlde Blou Bul-wenners op verskeie ouderdomsvlakke.
- Rohan Jv Rensburg
netbal
Netbal
- o.12A & o.13A-spanne presteer feitlik jaarliks in distrik-uitspele.
- Mariska Marais
- Elske Winter
hokkie
Hokkie
- Sterk deelname aan Northerns-ligas
- Verskeie provinsiale spelers jaarliks
- Monique du Preez
- Dominique Allden
krieket
Krieket
Krieket vorm ’n groot deel van ons derde kwartaal sporte, met die fokus op vaardigheidsontwikkeling en spanwerk. Die skool het ’n goed gevestigde akademie wat privaat aan elke speler aandag gee.
Organiseerders:
- Joubert Eybers
- JP Pieterse by Mini-Krieket
Atletiek
Atletiek
Wouwtjies presteer sterk in veld- én baanitems, met leerders wat jaarliks tot by Gauteng en SA’s deurdring.
- Verskeie SA-atlete en provinsiale medaljewenners (2025)
Organiseerder:
- Johan Ross
Landloop
Landloop
Talle atlete dring elke jaar deur na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
- Sterk spanstruktuur vir distrik – Gauteng-Noord -SA-vordering
Organiseerder:
- Cornelia Werhman
Swem
Swem
Swem is een van Wouwtjies se grootste trotspunte en die skool presteer jaar ná jaar in die A-liga. Die skool het ’n 25m verhitte swembad.
- Al 15 jaar agtereenvolgend die A-liga-wenners
- 2 spanne in die A-liga vir die eerste keer in die geskiedenis
Organiseerder:
- Daleen de Villiers
tennis
tennis
Laerskool Anton van Wouw se tennisspelers presteer konsekwent op provinsiale vlak en ligawedstryde is ’n groot deel van die jaarprogram. Die tennisliga vind in kwartaal 1 plaas met ’n ontwikkelingsliga in die derde kwartaal.
- o.13A-seuns wen die liga in 2025
Organiseerder:
- Lyn Bowker
skaak
skaak
Skaak is uiters gewild by leerders wat strategie, fokus en logiese denke geniet.
- Sterk deelname, 4 spelers in Tshwane-spanne.
- Spanne dring gereeld deur na distriks-rondte.
Organiseerder:
- Ané Friedrich
ruitersport
ruitersport
’n Kleiner maar uiters gemotiveerde groep leerders neem deel in die kleure en onder die vaandel van Laerskool Anton van Wouw.
Organiseerder:
- JP Pieterse
mini-sport (0.6 -0.9)
mini-sport (0.6 -0.9)
Mini-rugby | Mini-netbal | Mini-hokkie | Mini-krieket
Speel-gebaseerde vaardigheidsontwikkeling, drukvry en pret-georiënteerd. Ideaal vir selfvertroue, koördinasie en basiese spelbegrippe.
Koördineerders:
- Mini-Krieket: JP Pieterse
- Mini-Netbal: Elske Winter
- Bulletjierugby: Johan Ross
- Mini-Hokkie: Anita Coetzee
Tweekamp
Tweekamp
- 9 provinsiale atlete (2025)
Fietsry
Fietsry
Fietsry is een van die sporte wat die vinnigste groei. Talle ryers dring deur na interprovinsiale vlak en nasionale vlak.
- Een leerder nr. 1 in ouderdomsgroep oor vyf ligas
- Tien provinsiale deelnemers
- 6de plek in SA
Organiseerder:
- JP Pieterse
Gholf
Gholf
Gholf: Sport wat nog ontwikkel by die skool en daar is ’n paar seuns wat al op provinsiale vlak deelneem. Ons beoog om dié sport nog meer te laat groei by die skool.
Organiseerder:
- Duan Roux