Waar die dag veilig en betekenisvol eindig

By Laerskool Anton van Wouw se Naskool gaan dit oor méér as net toesig ná skool. Hier voltooi Wouwtjies hul huiswerk met begeleiding, speel saam met maatjies en voel geborge totdat ouers hulle met geruste harte kom haal.

Sowat 375 leerders word daagliks in ons twee Naskoolsentrums versorg.
Hier word verantwoordelikheid geleer terwyl daar steeds tyd is om net kind te wees.

Wat maak ons Naskool besonders? 

veilig-geborge

Veilig & Geborge

’n Gestruktureerde omgewing  waar kinders emosioneel  geborge en fisies veilig voel. 
gesonde-etes

Gesonde Etes

’n Gebalanseerde middagete en laatmiddagversnapperings vorm deel van ons daaglikse program.
begeleide-studietyd

 Begeleide Studietyd

Ons moedig selfstandigheid  aan, help om gesonde  studiegewoontes te kweek  en ondersteun leerders in die voorbereiding vir toetse  en assesseringstake. 
maklike-integrasie

Maklike integrasie

Omdat ons Naskool op die skoolterrein funksioneer,
maak dit die bywoning van sport- en kultuuraktiwiteite
maklik en ’n natuurlike deel
van elke leerder se dag. 

'n Boodskap van die Naskoolhoof

Die naskool floreer op n gesonde verhouding tussen die naskool en die die ouers. Alles is in die beste  belang van die kinders. Oop en gereelde kommunikasie is vir ons belangrik. 

By die Naskool skep ons elke dag ’n rustige ritme – tyd vir aandag en fokus, asook tyd om sorgeloos te speel. Hier kan Wouwtjies hul huiswerk met begeleiding afhandel en steeds met ’n glimlag huis toe gaan.

praktiese inligting

Ure
Skoolkwartaal:
13:10 – 17:00
Vakansieskool
07:00 – 17:00

Leerders/kinders kan voltyds, deeltyds of dag-tot-dag bywoon. (Reël vooraf met die naskool)
AvW-Icons-4-3
Vakansieskool funksioneer gedurende addisionele skoolvakansiedae, April-, Julie- en Septemberskoolvakansies teen geen ekstra koste vir voltydse Naskoolleerders nie. 
 Die Naskool is slegs gesluit gedurende die Desembervakansie.
AvW-Icons-4-3

STUDIETYD

Roetine help kinders om veilig te voel en selfdissipline te ontwikkel.
Selfs wanneer daar nie formele huiswerk is nie, word studietyd benut vir lees,
hersiening of die inoefening van basiese vaardighede.
Daar is minstens een personeellid per graadgroep wat begeleiding en ondersteuning bied.

Pre-primêr Naskool 

Registrasiegeld: R200 per leerder (betaalbaar met inskrywing).
Hierdie bedrag word aangewend vir skryfbehoeftes en speel- en sporttoerusting.
Vir maandelikse fooie, deeltydse opsies en inskrywingsvorms, sien asseblief onder Administratiewe Inligting.

Pre-primêr Naskool 

Klein Wouwtjies in veilige hande
Ons Pre-primêre Naskool bied ’n liefdevolle, veilige ruimte waar
kleuters kan speel, ontdek en ontspan ná ’n besige oggend.

Klein Wouwtjies geniet:

Kontakbesonderhede 

Bestuurshoof: Naskool

Me. Hester van Sittert

Pre-primêr Naskool 


Me. Nelia Bolt

Die Naskool is nie bloot wagtyd nie. Vir ouers is dit gemoedsrus;
vir kinders is dit ’n plek waar die dag veilig en vrolik voortgaan.