Graad rrrr
’n Sagte, liefdevolle begin vir klein voetjies.
Graad RRRR is waar die eerste groot ontwikkelingspronge begin. Jou peuter stap hier in as ’n nuuskierige kleintjie en ontwikkel in ’n gelukkige, geborge en selfversekerde Wouwtjie in.
Hoe lyk ’n tipiese dag in Graad RRRR?
- Vars pap word elke oggend voorgesit.
- ’n Warm, rustige begin saam met ons juffrouens.
- Groot motoriese ontwikkeling: klim, balanseer, fietsies, rondhardloop.
- Sensoriese spel: skuim, sand, water, jellie, soutklei en ander teksture.
- Kreatiewe aktiwiteite: verf, bou, rol, knip, konstruksie.
- Taalontwikkeling: stories, rympies, liedjies en temagesprekke.
- Spel-en-leer: opvoedkundige speelgoed vir vroeë persepsie en probleemoplossing.
Ondersteuning & Ontwikkeling
- Voltydse bewegingskunde-juffrou ondersteun ontwikkeling.
- Personeel help met potty training / doek-af-roetine.
- Klein klasse skep emosionele veiligheid en individuele aandag.
- ’n Nodige rusperiode voordat Mamma of Pappa kom.
Skoolroetine
- Skoolure: 06:45 – 13:00 (personeeltoesig tot 13:30).
- Naskool: 13:00 – 17:00.
- Kleredrag: Gemaklike, gewone klere.
- Skryfbehoeftes: Elke kleuter ontvang ’n hoëgehalte skryfbehoefte-pakket vir die jaar.