Graad rrr
Waar nuuskierigheid, spel en groei hand aan hand loop.
In Graad RRR beweeg kinders van peuterwêreld na kleuterwêreld. Hulle word meer onafhanklik, meer spraaksaam, meer nuuskierig – en die dagprogram is spesiaal ontwerp om hierdie vinnige groei liefdevol te ondersteun.
Hoe lyk ’n tipiese dag in Graad RRR?
- Vars pap word daagliks voorgesit.
- ‘n Warm, veilige en rustige begin vir elke maatjie.
- Groot motoriese ontwikkeling: fietsies, klimrame, balansaktiwiteite.
- Kleinspierontwikkeling: kleispel, konstruksieblokkies, kraleryg, penneknyp, papier skeur & frommel.
- Sensoriese integrasie: skeerroom, modder, versiersuiker-teken, gekleurde spaghetti, water- en sandspel.
- Kreatiewe aktiwiteite: vingerverf, teken, bou, verfrollers en verskeie media.
- Taalontwikkeling: stories, temagesprekke, rympies en liedjies vir woordeskatbou.
- Kognitiewe vaardighede: konsentrasie, logiese denke en perseptuele ontwikkeling.
- Sosiale en emosionele groei: leer om te deel, reëls te volg, speel met maats en eenvoudige konflikhantering.
Ondersteuning & Ontwikkeling
- Bewegingskunde-juffrou: twee maal per week gestruktureerde grootmotoriese lesse.
- Klein klasse vir individuele aandag en ’n liefdevolle, geborge omgewing.
- Groot motoriese ontwikkeling: fietsies, klimrame, balansaktiwiteite.
Skoolroetine
- Skoolure: 06:45 – 13:00 (personeeltoesig tot 13:30).
- Naskool: 13:00 – 17:00.
- Kleredrag: Gemaklike, gewone klere.
- Skryfbehoeftes: Elke kleuter ontvang ’n hoëgehalte skryfbehoefte-pakket vir die jaar.